Die artikel “ ’n Rebelse wandellied, ’n wonderlike leermeester” verwys.
Die skrywer slaan die spyker op sy kop. As ’n langafstand-wandelaar het ek al self ’n paar groot lesse geleer.
Eerstens om geen verwagtinge te hê nie. Dit het etlike dae geneem voor my kop leeg was en ek net gestap het van een dorpie na ’n ander, en gestop en geëet het wanneer ek wil.