Die mens is primêr ’n individu met ’n eie bestemming, met ’n behoefte aan privaatheid en met ’n persoonlike verhouding tot ’n Al-Ewige, wat hoër is as sy politieke en sosiale verhouding met sy ewemens.
Maar op aarde word sy bestemming bepaal en sy persoonlikheid kom tot vervulling grotendeels deur sy menslike verhoudings.
Dit blyk vandag dat daar by vele die wil en ook die kennis om met die nodige wysheid en begrip met ons medeburgers saam te werk en saam te leef, ontbreek. Dink aan die inentingsproses en wanbegrippe daarom heen geweef.