Ons groot Vrystaat-slotvriend Johan de Bruin het besluit om ’n skaap of twee te gee vir ’n vleisbraai en saamkuier van oudspanmaats van die 1970’s.
Johan nooi ook oudbestuurslui na dié reünie.
Ons gaan die braai op Donderdag 7 Julie om 17:30 by die Lettie Fouché-lapa in Bloemfontein hou, net so voor die Springbokke se toets teen Wallis die Saterdag in die Toyota-stadion.