As ’n gebore Patattadorper het ek byna verlede week my koerant soos ’n warm patat laat val toe ek sien dat die kollig nou op Wellington van alle plekke val oor ’n reusepatat (“Gatta patatta, dié bielie weeg meer as ’n sak aartappels!, 12.05). Ek wonder wat die ou patatkwekers van die Bodorp en Tamatiekraal hiervan sou gesê het. Waar is die afstammelinge van dié eens bedrewe Overbergse patatboere om Wellington te wys waar Dawid die wortels (patats?) gegrawe het?
Dalk is ’n groot patatkompetisie tydens die Patatfees net die ding om ons dorpie se tradisie op groot skaal te laat voortlewe.
Wat sê die huidige en oud-Napierdorpers daarvan?