Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die regering glad nie weet dat daar kinders jonger as ses jaar in die land is nie. Hy besef blykbaar ook nie dat werkende mense kinders in dié ouderdomsgroep het nie.
Inligting wat verband hou met geriewe wat na dié kinders omsien, bestaan nie. Wat wel deeglik bestaan, is growwe dreigemente indien sulke geriewe dit sou waag om oop te maak.
Indien die regering bewus was dat daar sulke jong kinders in die land is wat versorging nodig het wanneer hul ouers weer kan begin werk, sou daar tog planne gewees het vir wie, wat en waar die kinders versorg kan word.