Hoekom sal kiesers in ’n verkiesing vir ’n politieke party stem onder wie se toesig munisipaliteite in die grond in bestuur word? Dit maak mos nie sin nie, tensy hierdie kiesers die een of ander ongeoorloofde voordeel kry.
Is daar dus kiesers wat op 1 November vir die sukkelende regerende party gestem het omdat hulle helder oordag krag by kragpale steel? Wat oor groot agterstallige elektrisiteitsrekeninge beskik? Voordeel trek uit die reusewanbestuur en -korrupsie by munisipaliteite? Die korrupte netwerke in stand wil hou wat met groot moeite ingestel is en bevrees is dat nuwe base by die munisipaliteite onbevoegdes en oneerlikes summier in die pad gaan steek? Dís alles parasitiese praktyke wat die land stelselmatig vernietig.
Ek wil glo daar is báie sulke kiesers.