Die internasionaal gerekende sangeres wat net so tuis op ’n verhoog in Frankryk as by Aardklop in Potchefstroom was, ’n kunstenaar wat moeiteloos oor verskillende genres kon sweef, is ná ’n kort siekbed in haar huis in Pimville, Soweto, oorlede.
Gloria Bosman was 49.
In haar loopbaan het sy die verhoog met gerekende musici soos Hugh Masekela, Sibongile Khumalo en Anna Davel gedeel. Sy het op topverhoë en nasionale feeste opgetree, met gereelde vertonings by Afrikaanse feeste soos die KKNK, Aardklop en Skouspel in Sun City.