Pres. Cyril Ramaphosa het die naweek ingeklim onder ANC-leiers wat in verkiesingsveldtogte nie hard genoeg werk om stemme vir die ANC te wen nie. Dis seker sy goeie reg, maar ’n mens sou graag wou sien dat hy ook – openlik en harder – inklim onder sy kabinetslede wat nie skouer aan die wiel sit nie.
“Nie almal is heeltemal verbind tot die verkiesingspoging nie. Trouens, sommige leiers verroer nie eens ’n vinger in die verkiesingsproses nie,” het Ramaphosa die naweek gesê.
Volgens hom moet elke leier se deelname aan verkiesingsveldtogte gemonitor word. As hulle nie hul kant bring nie, moet hulle vasgevat word.