Oudpres. Jacob Zuma beter sy opwagting by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping maak wanneer hy geroep word.
Die kommissie het verlede Maandag ’n brief aan Zuma beteken waarluidens hy steeds verplig is om te verskyn.
In die brief skryf prof. Itumeleng Mosala, sekretaris van die kommissie, dat Zuma moet verskyn ofskoon die konstitusionele hof nog nie uitspraak gelewer het op die kommissie se aansoek om Zuma deur die wet te verplig om sy getuienis voor die kommissie te lewer nie. Zuma se dagvaarding bly geldig en bindend omdat dit nie teruggetrek, tersyde gestel of opgeskort is nie.