Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Veediefstal ’n klad op die naam van die SAPD en NVG

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bheki Cele
Bheki Cele

Bheki Cele, minister van polisie, genl. Fannie Masemola, die nuwe polisiehoof, Ronald Lamola, minister van justisie, en die owerstes van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) behoort slapelose nagte te hê oor die volslae mislukking om veediefstal deeglik te ondersoek en skuldiges aan die pen te laat ry.

Die kommerwekkende mate waarin die polisie die stryd teen veediewe en veediefstalsindikate verloor, word belig in ’n antwoord van Cele op ’n parlementêre vraag van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Minder as ’n derde van die polisie se ondersoeke na die duisende veediefstalklagte wat boere jaarliks aanhangig maak, word vir vervolging afgehandel.

Van die bykans 27 000 veediefstalklagte wat boere van April verlede jaar tot einde Februarie vanjaar by die polisie aanhangig gemaak het, is ’n skamele 28,9% enduit ondersoek. In Gauteng is net 16% van die ondersoeke afgehandel, in Noordwes slegs 21%, in Limpopo 24% en in die Vrystaat 27%. In geen enkele provinsie is meer as 50% van die ondersoeke afgehandel nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.21
+2.2%
Rand - Pond
19.80
+1.1%
Rand - Euro
16.70
+1.4%
Rand - Aus dollar
11.48
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,791.84
-0.1%
Silwer
20.60
+0.3%
Palladium
2,255.50
+1.5%
Platinum
946.00
+0.9%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,161
-1.0%
Alle aandele
69,745
-0.8%
Hulpbronne 10
64,485
-0.9%
Industriële 25
84,636
-1.4%
Finansiële 15
15,760
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos