Kommentaar: CR in visier van ANC-uitgebaktes; feite is ál verweer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Oudpres. Jacob Zuma Foto: Daily Sun
Oudpres. Jacob Zuma Foto: Daily Sun

Suid-Afrikaners het die laaste tyd ’n reeks politieke gebeure sien afspeel wat op die een of ander manier onderling verband hou. Daar was die geheimsinnige diefstal op pres. Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala en Arthur Fraser se klagte daaroor. Twee Gupta-broers is in Dubai aangekeer.

Oudpres. Jacob Zuma toon steeds verset teen sy hofverskyning. Die openbare beskermer (OB) skop vas teen hofuitsprake teen haar en het sommer haar eie ondersoek na Ramaphosa begin. Ace Magashule het versoek dat Ramaphosa soos ander ANC-hoës opsy staan en het ook ambisie om ANC-leier te word. En dan beweer Magashule se ondersteuners dat hy – as ANC-leier – in koalisie met Julius Malema en die EFF wil regeer.

Alles hou verband met die parasitiese magstryd in die ANC waar, soos in ’n besmette organisme, die weefsel in ’n verskillende staat van verrotting of beleg verkeer en verbete onderling meeding óf op mekaar teer in ’n poging om die laaste stukkies aas uit die karkas te skeur. Met die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Desember wat wink, verhewig dié onheilige politieke orgie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.21
+2.2%
Rand - Pond
19.80
+1.1%
Rand - Euro
16.70
+1.4%
Rand - Aus dollar
11.48
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,791.84
-0.1%
Silwer
20.60
+0.3%
Palladium
2,255.50
+1.5%
Platinum
946.00
+0.9%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,161
-1.0%
Alle aandele
69,745
-0.8%
Hulpbronne 10
64,485
-0.9%
Industriële 25
84,636
-1.4%
Finansiële 15
15,760
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos