Die Stormers dra môre ’n passievolle rugbynasie se hoop op hul skouers wanneer hulle Munster in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd in Kaapstad pak.
Van John Dobson, hul afrigter, tot die spelers wat slegs duiksakke gedra het, verdien groot lof.
Hul welslae is die eindproduk van harde werk, haarfyn beplanning, puik spangees en die optimale benutting van die uitsonderlike talent waarmee soveel van die spelers geseën is.