Tydens die hoogbloei van die Covid-somer van 2020 het ’n veelseggende foto van Bheki Cele, Suid-Afrika se sterkman-polisieminister, die ronde gedoen.
Dit wys hoe Cele, omring deur polisielede, bo ’n sittende jong strandganger in ’n bikini uittoring tydens ’n waagmoedige polisie-operasie op Kampsbaaistrand om seker te maak al die Covid-reëls word gehoorsaam. Benewens die talle polisielede in gewone uniform was daar ook verskeie swaar gewapende beamptes in volle taktiese drag, seker om die minister in ’n noodgeval te beskerm.
Die meisie in die bikini was immers dressed to kill.