Een van die onsinnigste tydverdrywe van regse groepe ná die val van apartheid was om lugkastele te bou oor die grense van ’n mitiese volkstaat. Kaarte is wild en wakker geteken in die waan dat alles in plek gaan val as hulle net op die regte Boerestaat-plan kan afkom.
Dis ’n intellektuele doodloopstraat waarvoor die gemeenskapsorganisasie AfriForum van meet af flink uitgeswaai het.
Pleks van droom het hulle gedoen.