’n Jaar gelede, op Sondag 8 Maart 2020, het Rapport hoopvol berig die eerste twee gevalle van die virus Sars-CoV-2 in Suid-Afrika herstel albei goed, en bekommerd toegekyk hoe die getal infeksies in Italië (4 600) en die res van Europa gevalle in China (80 000) inhaal. Dit sou nie meer ’n Chinese virus wees nie, is voorspel, maar ’n Europese virus.
Vandag is China die land met die 86ste meeste amptelike gevalle (89 962) teenoor 116 miljoen in die res van die wêreld.
In daardie vroeë, onwerklike dae van Maart 2020 is nog skaars 3 500 sterftes wêreldwyd aangemeld en het Rapport-lesers reggemaak om op te ruk na die Woordfees op Stellenbosch vir heerlike teater – en ’n stampvol kerk vir ’n Rapport-gesprek met Helen Zille . . .