Benoude katte maak benoude spronge, en niemand is op die oomblik meer benoud as ’n ANC-raadslid nie.
Die party se steun is in vryval – in verlede jaar se munisipale verkiesing het die party vir die eerste keer landwyd minder as 50% van die stemme gelok, en is 618 minder ANC-raadslede verkies as in 2016.
Maar wat hierdie raadslede die seerste sou maak, is die beheer wat die ANC oor tientalle munisipaliteite landwyd verloor het, insluitend die drie groot stede in Gauteng.