Rapport sê: Rotasie op skool is onnodig en immoreel

akkreditasie
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, op besoek aan Monde Primary School in Ekurhuleni op 3 Augustus 2021.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, op besoek aan Monde Primary School in Ekurhuleni op 3 Augustus 2021.
Laird Forbes

Die manier waarop die departement van basiese onderwys vanjaar gekies het om in die bresse te tree vir matrieks, sê vir ’n mens baie oor die beleidspatologie wat daar vaardig is: Eerder as om matrieks en ander leerlinge te stu deur die stelsel van rotasie-skoolgaan stop te sit, wat honderdduisende leerlinge se skoolloopbane verwoes, het die departement hulle daarop toegespits om te probeer keer dat matriekuitslae gepubliseer word omdat dit kwansuis matrieks se regte kragtens die wet op die beskerming van persoonlike inligting sou skend. Soos gewoonlik het dit litigasie geverg – in hierdie geval, soos in soveel ander gevalle, deur AfriForum – voor waansin deur rede vervang is.

Die drang om uitslae uit die openbare domein te probeer hou het herinner aan die “pass one, pass all”-obsessies van verloopte linkse groepe soos Cosas, wat met die uitbreking van Covid-19 nie net gevra het dat alle leerlinge in sekere grade bloot deurgesit moet word nie, maar sommer ook dat alle skole moes sluit – ’n misplaaste beskermingsinstink wat nie in die wetenskap gefundeer is nie en wat nogtans steeds geld in daardie derduisende skole waarheen leerlinge net al om die ander dag mag gaan om klas te loop ten einde die regering se Covid-19-reëls te gehoorsaam.

Dié reëls bepaal dat geen leerlinge in die klaskamer nader as 1 m van ’n ander mag sit nie, al mag hulle ná skool wang-teen-wang sak in ’n skrum. Die DA mik nou hof toe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
15.61
+0.7%
Rand - Pond
19.73
+0.4%
Rand - Euro
16.74
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.16
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,852.77
+0.1%
Silwer
22.23
+1.0%
Palladium
2,040.50
+1.0%
Platinum
949.50
-0.1%
Brent-ruolie
117.40
+2.9%
Top-40
63,512
+0.8%
Alle aandele
70,079
+0.9%
Hulpbronne 10
76,852
+0.5%
Industriële 25
75,435
+0.4%
Finansiële 15
16,148
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos