In plaas van die belangrike beleidskwessies wat by die ANC se konferensie in Desember bespreek moet word, praat almal net oor wie die volgende ANC-leiers gaan wees.
Hierdie is nie ’n Rapport-opinie nie. Dit is die mening van Mdumiseni Ntuli, die voorste kandidaat vir die pos van sekretaris-generaal van die ANC.
Volgens Ntuli ontneem hierdie fokus op die leierskorps die bevolking van ’n dieper begrip van die gesprekke in die ANC oor werkloosheid, energie, herbou en herposisionering van staatsentiteite.