Met die een munisipale diensleweringskrisis en -fiasko op die ander in die Vrystaat se reeds gehawende stede en dorpe, duik die vraag op wat het van die ANC se verkiesingsbeloftes geword.
91 dae ná die plaaslike verkiesings is min – indien enige – verbetering te bespeur in die bestuur en dienslewering van die provinsie se munisipaliteite.
Stadsrade, steeds verswak deur ANC-faksiegevegte, interne struwelinge en twyfelagtige mense in ampte, lê die werking van die meeste munisipaliteite al hoe meer lam.