Waar val dit nou uit? het ’n mens gewonder toe ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die Voortrekkermonument (VTM), ’n tyd gelede gebel het met die nuus: Daar gaan ’n bespreking plaasvind oor die 1982-skeuring van die Nasionale Party (NP) wat tot die stigting van die Konserwatiewe Party (KP) aanleiding gegee het.
Maak dit nog enigsins saak? Nee, het die meeste deelnemers gou laat blyk. Maar benewens die interessantheid van eietydse geskiedenis, het daar tog waardevolle perspektiewe geblyk.
Dit was interessant om te hoor hoe diegene gedink het wat uit oudpres. PW Botha se partykoukus van 24 Februarie 1982 gestap het toe hy “gesonde magsdeling” as beleid aangekondig het. En van diegene wat bly sit het.