Hoewel 28% van Beeld se lesers positief is oor hoe pres. Cyril Ramaphosa in sy ampstermyn vaar (21% tevrede, 7% baie tevrede), is 36% ontevrede met sy vertoning, waarvan die helfte báie ontevrede. Ook dui 35% aan hulle is neutraal oor die vraag.
Beeld het onlangs, vir die eerste keer sedert die Covid-19-inperking, lesersnavorsing oor die inhoud van die koerant gedoen (meer daaroor later) en ’n paar aktuele vrae is ook gevra.
Ongelukkig is daar nie ’n direkte vergelykbare studie nie.