Dit is ’n president wat goed vaar, al is hy spreekwoordelik met een voet in yswater en die ander in kookwater.
Dit is min of meer die opsomming van diegene wat pres. Cyril Ramaphosa steeds die voordeel van die twyfel gee (soos News24 se 7/10 vir hom einde verlede jaar).
Die twyfelaars wys daarop dat daar rakende kernkwessies net niks gebeur nie. Hy oorleef polities, ja, maar is dit ’n steriele oorlewing deurdat hy hom uit enige sinvolle inwerkingstelling moet balanseer?