Hoekom is 9 Augustus 1945 so ’n belangrike datum in die wêreldgeskiedenis?
Omdat dit die laaste datum is waarop ’n atoombom gebruik is om mense dood te maak. Op dié datum het die Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog ’n atoombom op die Japanse stad Nagasaki gegooi. Nagasaki het sowat 260 000 inwoners gehad en 150 000 van hulle is onmiddellik dood of ernstig beseer.
Ná Hirosjima is die Japanse stad Kokoera in 1945 gekies as teiken vir die tweede atoombom. Vyf Japanse stede is aanvanklik deur die Amerikaners uitgekies as moontlike teikens vir die eerste atoombomme. Nagasaki was nie een van hulle nie.