Ontstig, ontsteld, ontgogel, ontredderd, maar steeds gelowig op ’n Sondagoggend voor ’n Maandagoggend ná ’n week soos dié.
Nog ’n week van kerskrag in Donkerland met ’n kastige minister van polisie wat vir ons almal “sjarrappp, sjarrappp!” skree en ’n Bokafrigter wat Boktruie uitdeel soos Smarties en so ’n mooi dag in die Rosestad totaal en al bederf. En dié slag kan ons nie eens die stomme Jantjies blameer nie. Soos vriend Hennie sê: “O wee, dis nou weer ’n gekla en geween, Bok-ondersteuners kla steen en been, Jantjies was dié keer nie die rede, bedaar nou maar en maak vrede.”
So in kort: Sit aan die ligte, fire ou Hoedjies en kies die A-span of ons gaan strate toe!