Kyk, ons kan nog hierdie kraggemors en die koue hanteer as dit op ons rugbyvelde goed gaan, maar verloor ons, sit die ysblokke dikgepak om onse hartspiere.
Ek het rêrig nie kans gesien om daai laaste skop daar op Loftus te kyk nie en het toe maar gevra dat ou Hempies vir ons albei kyk en as die skop dalk mis sou wees, sommer ook vir ons albei te huil.
Daai eerste helfte was so vrot dat ’n mens eintlik gewens het die krag gaan af, maar nee, dié kragopwekkers het oorgevat waar die Bokke se kragte ingegee het en die res is geskiedenis.