As ’n gelowige (ek moet erken, soms wankelend) het ek aan moedersknie al geleer dat jy jou nie aan bygelowe moet steur nie.
Of aan toordery en spoke en daai klas van goed nie. Maar dit bly vir my interessant watter rol bygelowe (party net klein bygelofies) by bekende sportmanne en -vroue speel.
Alan Lamb slaan sy eerste honderd in ’n toets terwyl hy ’n rooi onderbroek dra en natuurlik gaan kolf hy nooit weer daarna sonder ’n rooi onderbroek nie.