Ek dink deesdae baie keer dat die waardevolste dokument in ’n mens se besit jou rybewys moet wees.
Ja, nie jou ID nie, want jy hoef op min plekke waar jy lewend aankom, te bewys dat jy lewe. Selfs vir pensioenaris-afslag by die supermark lig ek net my keps en dan sê die kassiere: “Oh, I see!”
Maar laat die padvalke jou nou net aftrek en vra vir jou rybewys en dié lê by die huis. Jy kan maar verduidelik op watter rakkie hy daar lê, maar dit gaan jou niks help nie.