Met Nasionale Jigdag iets van die verlede, wonder ek wat maak ek nou die komende naweek met my swart hart en wit bloed nadat my Cheetahs teen die Puma-katte verloor het.
Watse verskoning gaan ek nou hê om Vrystaat toe te ry? Ek kan nie sê ek gaan jag nie, want ouboet Jan het ons Winterpaleis-jagplaas verkwansel. Ek kannie in Kimberley die eindstryd gaan kyk nie, want Vroulief sal vra van wanneer af is ek ’n Griekwa-fên. En ek kan nie eens sê ek gaan werk nie, want sy sal sê ek werk nie eens in die week nie, wat nog te sê naweke.
Dié tyd van die jaar kan jy jouself maklik jammer kry as die eensaamheid jou oorval omdat jy die enigste ou is wat in die stad agterbly, met elke liewe siel wat jy ken of willetuin, jagveld, bokveld of met die helikopter na oom Cyril se wille beesveiling op Phala Phala toe.