Die meisie vra vir haar kêrel: “En wat doen jy vanoggend?” Hy antwoord: “Ek gaan oogkundige toe om my oë te laat toets.” “En daarna?” wil sy weet. “Ek sal sien,” sê hy.
Nou ja, ons sal dan maar sien wat hierdie feestye vir ons inhou ná hierdie vreemde, gemaskerde jaar van ons. En nadat onse president ons nou die aand ligweg die leviete voorgelees het.
Dié jaar word vir my die beste opgesom met die storie van my tandarts wat ’n pasiënt het wat gespanne in die stoel sit en wag om ondersoek te word.