Ja, as ons net kon skop, as ons net kon boul, as ons net kon kolf, as ons net . . .
Dis weer dáái tyd van die jaar wat ek hierdie aaklige koorsdrome kry.
As ek die woorde “rugby”, “krieket” of “matriekeksamen” hoor, begin daai droom mos sommer daardie selfde aand. Dis dan wat ek droom dat die Vroteas in ’n Wêreldbeker-krieketwedstryd teen Holland verloor (gelukkig weet ek darem dit kan nie waar wees nie) en die matriek-skeinatvraestel voor my lê en ek niks behalwe my naam op die antwoordstel kan skryf nie. En sommige nagte is ek nie eens seker van my naam nie. En dan vul ek maar weer in dat H2O water is en C2O koue water.