My familie beweer ek ken baie mense en hulle is seker reg, want om baie mense te ken, moet jy eintlik net aan die beweeg bly en oud word.
Maar net as ek self verstom raak oor hoeveel mense ek ken, kom ek by ’n plek met baie mense en dan ken ek niemand behalwe myself en my vroutjievrou nie. En dan besef ek maar net, al is daar ’n klompie ouens oorsee, is heelwat van ons ou takhare steeds hier.
Die ander ding wat my elke keer verstom as ek hoor hoe die ekonomie druk, is hoeveel ouens (veral jong latte) nog dik van die geld is en nie skaam is om uit te haal nie.