Bome moet gekoester word omdat dit baie meer is as iets wat net skaduwee gee, skryf Willem Fransman jr.
Was ek nou die anderdag kwaad . . . smoorkwaad om die minste te sê.
Op pad na ons winkelsentrum in Belhar is daar ’n laning bome met stewige stamme wat al verskeie winters en somers trotseer het. Veral in die fel somershitte bied die laning van bykans 30 bome nogal heerlike skadu aan mens en dier.