Op elke straathoek hoor jy ’n ander taal of aksent, en baie mense praat met hulleself. Jaco Grobbelaar skryf oor sy eerste indrukke van Amsterdam.
Dis ’n heerlike herfs in Amsterdam.
Ek het aangeneem ek land in ’n ander land . . . maar ek bevind my in ’n ander wêreld. Vir iemand van Kaapstad is ’n besoek aan Amsterdam ’n kultuurskok. Die Herengracht hier, met sy historiese vierverdieping-herehuise uit die gloriejare van die sewentiende eeu, lyk glad nie soos vandag se Heerengracht in Kaapstad nie.