Ek stem saam met die TV-aanbieder Bill Maher: Donald Trump gaan in 2024 terug wees om die staatsgreep wat hy verlede jaar probeer uitvoer het, te voltooi. Dan het hy ’n weermag van samesweerders om dit uit te voer.
Sowat 200 Republikeinse verkiesingsontkenners en Trump-napraters is Dinsdag in verskillende poste verkies – in ’n proses wat hulle ontken. As jy logies daaroor probeer dink, kan jy net jou kop skud. Totdat jy besef wat Maher bedoel.
“Die mense wat gaan besluit wie die volgende president van Amerika is, is almal verkiesingsontkenners. Hulle glo nie in die mal idee dat die ou met die meeste stemme die verkiesing wen nie,” het Maher op CNN gesê.