Rassie Erasmus het naas die Wêreldbeker iets reggekry wat ons nie eens besef nie. Of baie van ons nie wil besef nie. Hy het daardie term wat ons so graag rondgooi as die Springbokke of die Proteas verloor op sy kop gekeer. Kwotas, ja.
Die Springbokke speel gereeld met sewe of agt gekleurde spelers – en hulle wen. Die woord “kwotas” op ’n siniese manier uitgespreek, het uit die meeste huise verdwyn wanneer die Bokke speel.
Die Proteas is weer ’n ander tameletjie, want Krieket SA het sy eie graf met sy kwotas gegrou en dit kan die span benadeel.