’No, rugby people, it’s not the Aussie number 9’s fault he’s a White.”
Hierdie twiet deur prof. Jonathan Jansen oor die manewales van Nic White, Australië se skrumskakel, wat Faf de Klerk ’n geel kaart in Saterdag se toets teen die Springbokke besorg het, het my die naweek opgeval.
Ek hou dit in Engels, want dan werk die twiet beter. En ons weet mos prof. Jansen is nie baie lief vir Afrikaans nie. Amper sê ek vir Afrikaners, maar dit sou so ’n bietjie so moedswillig soos sy twiet wees