Soos pres. Joe Biden sê: Nie alle Republikeine in Amerika is MAGA-malles wat hul eie land bedinges nie. Net so is nie alle ANC’s RET-gekkes wat steel, roof en plunder nie. Daar is een van wie ek hou: Barbara Creecy.
Creecy, minister van vissery, bosbou en omgewingsake, is revolusionêr, dink groen en is nie behep met haar party se stiksienige kommie-beleid nie. Sy doen haar bes dat ons so ’n bietjie beter na ons omgewing kyk.
Nie hard genoeg nie, maar ten minste kan ons luister na haar. Hopelik kan sy eendag die geblikteleeubedryf stop wat ’n klad op ons naam is en amper so erg is soos renosterstropery, die ANC en die EFF. Haar jongste plan om alle wildheinings tussen wildplase af te breek om groot wildbewaringsgebiede te skep, het die wildbedryf laat regop sit. Wild gaan almal s’n word, is haar plan. Daar is een groep wat die meeste hierby gaan baat vind – die stropers.