"Wie is Ace?”
Mosebenzi Zwane kyk na my met ’n uitdrukking van oordoende verbasing waar hy in die beskuldigdebank sit.
Hy is pas deur die staat as beskuldigde nommer 6 uitgewys in die Estina-suiwelsaak, wat hy as Vrystaatse LUR vir landbou in sy tuisdorp, Vrede, aangevoor het.