“Issie ’n goeie idee nie om uit te kom nie.” My public relations adviseur was vol warnings toe ek haa annie begin vannie jaa gesêrrit dat ek ytgevindit dat ek outisties is.
“Mense weet nie wat dit is nie. Hulle sal nie verstaan ie.” Sy’t ’n punt gehad, ’n paa maane vroeër was ek ignorant oo autism. My kennis was limited tot stereotypes; Rain Man-agtige mans wat wiskunde-boffins is met special interests in treine. Ek konnie relate ie. Maarie ontdekking dat ek self outisties is, het veoosaak dat ek ’n heeltemal anne begrip vannie disorder en myself gekry it. Ek was excited ommit met mense te deel soedat ek ’n niewe verhouding mettie wêreld kon ontwikkel. Luckily is ek innie kreatiewe bedryf, waa mense mee oepkop is. Ek’t gedink ek kan open met hulle wies en vi accommodations vra wat my wêk maklike sou maak, maa my adviseur se raad was, “Dink oor jou loopbaan. Ons wil net nie hê dat daar teen jou gediskrimineer word nie”.
Ekke met my intersectional bruin, queer, gender non-conforming identiteite is ou gewoon discrimination. Ek konnie vestaan hoekô hierdie een aspect van my identiteit, wat my ervaring vannie lewe die meeste inform, ’n geheim moet wiessie. Ek’t vi my adviseur gesê dattie mense wat my sal reject as gevolg van hierdie discovery, is tog anyway nie mense met wie ek saam wil wêk ie. Maa sy’t insist, “Kyk ek is al dekades in die bedryf, dis beter as jy vir niemand anders vertel nie”. En net soes dai het ek myself trug in ’n closet bevind.