Die show begin. Twie aliens, Zoig en Bebot se spaceship land in ’n Kaapse klong se kamer. Die aliens kô allie pad vannie future, hulle willie jongetjie leer hoe ommie aarde red deurie power vannie drie R’s te gebryk. My klimatoloog chommie het haa expert kennis gebryk om hierdie kinderteaterstuk oo klimaatverandering te skryf wan, “Ek wil verseker maak die kinders in julle gemeenskap verstaan hoe urgent dit is.” Sy’t my genooi ommie eeste performance te kyk voodat ie show na laerskole regoorie Kaapse Vlakte gaan toer.
“Reduce!” Skrie Zoig virrie kinnes innie vehoog en Bebot deliver ’n lang monoloog oo hoe ôs moet ophou om geld op onnoorage produkte te mors, “Only buy what you need.” Ek dink om hierdie boodskap te lewer aan gemeenskappe wat skaars kan bekostig wat hulle nodig het, is ‘n bietjie toondoof.
Ôsse mense wiet van reduce.