Daa is labour shortages in lande soes Amerika, Kanada, Australië ennie VK en it lyk vi my of Die Great Resignation oek hie by ôs gebee.
Die Payroll Manager stap met sy kin. Hy hou haa hand vas, haa pienk skoolsak sit styf oo sy skouer. Ek is verbaas om hom oppe Woensdagmirrag te sien en ek wonne of daa iets fout is met hom. Hy vat nooit affie. Hy’s ie enigste persoon innie office wat sy wêk kan doen. As hy nie daa issie dan wôd nieman betaal ie. Selfs toe hy met prostatitis gediagnoseer is, het hy steeds kantoor toe gegaan. Hy’t gebrêg oo hoe hy deur sy pyn gewêk et, en hoe beïndruk sy base daavoo was. “Ons beste werker” het hulle hom genoem. Sy kin woon nie by hom ie. Wanne hy elke aan laat vannie wêk af ko, is hy so ytgeput, hy’t net genoeg energie om haa virre paa minute te besoek.
“Alles alright?” Vra ek hom bekommerd. Hy sê sy gesondheid is beter nadat hy onlangs sy wêk gelos et. “Ek moet my dogter aandag gie. Wiet jy ek was nog nooit by een van haa skool meetings, offe concert, niksie. It kannie mee soe angaanie.” Hy lig sy kin op en sit haa op sy skouers.