Die mediamense pak hulle equipment op, maa daa’s een presenter oppie red carpet wat nog onderhoude doen. Die event het al begin, maa ek wag in lyn vi my interview. Ek’s laat wan ek’t lank gevat omme outfit te kies en nou lyk ek te kwaai ommie voore kamera te wiessie. Die presenter interview ees ie outjie voo my. Is donke byte en ôs is binne, maa hy dra sonbrille. Sy sê vi hom, “Jason, jy’s ’n regular fixture op die best dressed lyste, hoeveel het jou outfit gekos?”
Ek’s geshock wan gewoonlik vra hulle mos, “Who are you wearing?” Maa nou wil die vrou hê ôs moet ôsse geldsake live op TV air. Hoe common. Jason vryf sy hand oo sy plain wit hemp, “My hemp het R20 000 gekos.” Ek lag wan sy exaggerated antwood maak gaai vannie presenter se stupid vraag. Jason hette wonnelike satiriese sin vi humor. Hy skop sy been op en wys ie hak van sy spierwit tekkies narie kamera, “My skoene is R30 000.”
Die presenter vra vi hom offit Nike is. Jason sê, “Ja, die SB Dunk Low Supreme Stars.” Sy antwood laat my besef hy issie ’n satirikus nie, hy’s doodernstag.