Ek’t beslyt om “hoe garrit met jou” yt my wooreskat te haal. Is ’n leë vraag en mens gie nooit ’n genuine reaksie nie. Ek’t altyd gevoel daa moet ’n bieter vraag wies om by my groete te voeg. Hierie wiek het ek probee om my ou script te update. In plaas daavan om vi mense te vra, “hoe garrit”, het ek eira gesê, “Hi, ek’s Chase, they/them of hulle, wat is jou pronouns?”
Ek’t vi Antie Carol op haa smoke-break gekry. Sy’t geskut vannie lag toe sy my niewe greeting hoo, “Nee wat, hoe kan ek vi jou hulle roep, maa ek praat van een mens? Dai maak mossie sin ie.” Haa woore was skaas koud toe een van haa wêkers byte kô om te sê ieman is oppie foon, maa hy wiettie wie it issie. Sy’t hom lielik in gedoen, “Is jy dan simpel, hoekô het jy nie hulle naam gevatie? Gan vra vi hulle wat wil hulle hê? Sê vi hulle ek’s op lunch.” Carol het ’n diep trekkie van haa entjie gevat en gepraat sonne ommie roek yt te blaas, “Jammer, maa ek’s te oud om al die niewe pronoun goed te lee.”
Hulle sê is goeie practice om vi mense hul persoonlike voornaamwoore te vra sodra jy hulle ontmoet. “Jy kan mos sien ek’s ’n vrou. Wag, is my kamera an?” Vra Jess toe ek virrie eeste kee met haa in ’n aanlyn video-vergadering gepraatit. Jess is ’n model, sy’s permy op posters in retail winkels regoorie land. Sy sê, “Ek is sy/haar. Jy is die eerste persoon wat my vir my pronouns vra. Ek voel ’n bietjie verstom. Is dit my breë skouers? Ek het waterpolo in hoërskool gespeel.” Ek sê ek hettie gemean om te offend ie. Ek vra vi ammel hulle pronouns sodat ittie altyd ’n vraag is wat net aan transmense gerig issie.