Lisa staan op my stoep en vryf haa bôs soes ieman wat erg sooibrand het, “Waa’s Ava?” Ek sê vi haa my antie is noggie byrie hys ie. Lisa kyk haa watch, en begin haa hemp ontknoop. Ek wiettie waa om my oë te sittie, “Lisa stop, jy’s ’n getroude vrou, mette baby. Ek issie interested ie.” Sy sê, “Nee wag, ek willie vi jou hê nie. Ôs hettie ’n vibracrete nie soe Ava het gesê ek moet julle s’n gebryk.” Sy maak nog buttons oep en vedydlik ie instruksies wat my antie Ava vi haa gegie et. Ek’s geshock, “Jy moet wat oppie vibe spyt?!” Ek bel vi Ava wan ek’s sieke ek wôd ge prank, maa sy sê ek moet vi Lisa inlaat. “Shame, sy’t opgehou borsvoed nou is sy in pyn. Ek’t vi haa gesê as sy haa supply wil verminder, moet sy kyk hoe haa melk oppe vibracrete droeg wôd tewyl ie son sak.” Ek sê, “Ava, ek wiet jy’s vol bygeloefies maa die’s nou ’n bietjie too much. Waa’t jy van die gehoo?” Sy dring aan, “Hulle sê daai issie vinnagste way ommie pyn te verwyder.” Ek wonne wie hulle is, wan hulle sê vi Ava darem baie dinge. Soes met wie sy vrinne moet wies. As ek vi Ava vra hoekô sy ytie bloute skielik baie tyd met ieman nuut spandee, kan ek gewoonlik ’n antwood vewag soes: “Ek’t gesien sy krap haa han. Hulle sê mos, assie regtehan jik, gannie linke han geld kry. Daai’s my blessing oek, soe ek bly maa close tot daai kroon in kô.”
As Ava hoo dat jy ’n nagmerrie gehad et, sit sy klompie kaktusplante langs jou kooi wan, “Hulle sê die dorangs vang ienage slegte droeme voo it jou bereik.” Maa soms wêkie kaktusse ie. Soes ie oggen toe sy insist et dat ek haa chommie byrie wêk gaan haal wan sy’t ’n droem gehad dat hy deu mans in maskers met messe gejaag wôd. Toe ek protes wan ek was biesag en it was nette droem, het sy gesê, “Ja, maa ek hettit sewe-uu veoggen gedroem. En jy wiet wat hulle sê, oggen droeme kô waar.”
Ek hettie gesien hoe Ava vi my innie vookame wag toe ek een aan laat byrie voodeu instap ie. Sy’t my dadelik wee ytie hys gestoot en flysterend vi my ytgeskel, “Is pass twelve. Jy wiet hulle sê as jy ienage tyd ná midnight byrie hys kô moet jy met jou rug eeste byrie deu in stap, anneste invite jy evil binne.”