Die Jacarandas blom hie in Makhanda ennit lok ’n mens om onne hulle te meander. Ek’s net hie vi ’n paa dae, soe ek’t decide om iets te try wat ekkie in Kaap kan doennie; ’n walk vat. Ek prepare myself om deurie strate te stap sonne ’n plan of destinasie. Die eeste kar kô an gery en my hart begin vinnage klop. Ek loerie driver, sy drai nie haa kop my kante toe nie, sy staarie pad. Die man innie kar agte haa kyk oek net one way vorentoe. Hulle indiference toward my voel weird. Walking while coloured is ’n anne saak innie Kaap waa ammel hulle plek moet ken en daa bly, especially ná business hours.
Ek’t my vrees vi karre in suburbia gekry toe ek onlangs vi ’n paa maane byrie sea in Glencairn gebly it. Whenever ek byte gestaanit was daa altyd een of anne sokker ma of rugby pa wat hulle nekke gebriekit om my te staa soes hulle veby ry.
Dai Karen-kyke deu hulle Oakley-sportsonbrille is noggie ees koudie, dan buzz my foon met ’n notification vannie neighbourhood watch WhatsApp-groep met ’n boodskap wat lies, “Suspicious CM in Mill St, pls investigate!”