Ek sit langs menee G byrie Freedom Day event wat sy skool virrie jeug innie gemeenskap gereël et.
Ôs kyk hoe die spesiale gas, een vannie land se gewildste vrouerappers, die chorus van haa hit song “Killing It” sing. “Every day I’m murdering, killing, killing, killing.” Sy point haa mic narie kinnes innie gehoo soedat hulle saam sal sing, maa hulle staar haa in stilte. Hulle’s nog traumatised van dié wiek se increase in bendegeweld innie skiem. Daa was ’n incident waa klompie gunmen byterie skool geskietit. Leerders moes onne hul lessenaars wegkryp ommie koeëls te vermy. Die poelies hettie gekô ie. Ammel was bekommerd oo hoe die kinnes veilag byrie hys sal ytkô. Daa was geen terapie vi hulle nadat hulle sulke geweld ervaar hettie, soe natuurlik issie kinnes nog steeds op hulle nerves. Menee G flyste vi my, “Watse killing song is die? Wil die vrou dan hê die kinders moet satmaak?” Ek sê sy wiet sieke nie vannie wiek se shooting ie, en ek vedydelik oek dat “killing it” in hiphop-terme betiekin om iets baie kwaai te doen. Menee G maak sy tanne skoon, “Ek is siek van outsiders wat die gangsterism in ons gemeenskap so glamorise sodat hulle dit kan verkoop as kuns aan mense wat ook nie self in die geweld leef nie. Dié song sal elders heeltemal fine wies, maar om dit vir ons te perform, as mense wat so intiem met moord moet saamleef, is dit net inappropriate en absurd. Hiphop moet ’n bietjie meer sensitief wies met hul liedjieskryf.” Ek sê issie net hiphop ie. Ek vetel hom vannie gesin wat ek jare geliede byrie Waterfront gesiennit. Soes hulle veby my geloepit hettie pa my innie oë gekyk en geskrie: “Killing time!” Hy’t my vlug-of-veg-reaksie geactivate, ek’t lettelik weg van hom gesprint. Ek was latere bekommerd.
Wassie man se threat ernstag?