“Is daa ’n dead body in dai bag?” Die vrou agterie till groetie, vra nie ees vi Smart Shopper kaat ie. Sy staar net na my groot suitcase. Ek’t it net voorie pandemic gekoep. It was duur, maa ná jare van travel met my oupa se ou pap fabric tog bag, het ekkie purchase as ’n nodige belegging beskou. Die hard shell silwer reistas op wiele was aspirant. Ek het gefantaseer oo hoe cool ek sou lyk wanne ek deurie airport loep met my bagasie wat moeiteloos hie langs my rol.
Vedag issie eeste kee wat ek my suitcase gebryk. Ek’s op pad lughawe toe en het net byrie mall gestop vi padkos. Ek sit my gluten-free tortillas oppie counter en wonne hoekô accuse die cashier dan nou vi my van dooie liggame transport? Miskien issit vreemd om ieman inne mall te sien met ’n suitcase. Maa tog is ekkie soe out of place merrie context ie, dat it nou na iets extreme as moord moet verwys ie. Hierdie winkel vekoep an self suitcases. Ek dink ees sy joke met my, maa nou scan sy my lactose-free yoghurt sonne om te kyk wat sy doen en rek haa nek oorie counter om te check of my suitcase iets lek. Ek lag saggies. Die cashier kyk te veel movies. Sy gie haa packer kollega ’n paniekerige look. Ek hou op om vi myself te lag, blykbaa maak it haa bang. Die vrou dink rerag ek’s ’n killer. Ek voel jammer vi haa. Sy’s soe getraumatised deu allie skietery en dood innie gemeenskap, dai geweld is nou ’n filter waadee sy die hele wêreld sien. Bloedkleurige brille. Sy kyk my van kop tot tone aan, agtedogtig. Ek volg haa blik oo my lyf, en it kliek hoekô ek nou ’n murder suspect is. Ek bly vegiet ek present soes ’n bruin man, en ammel is bang virre bruin man. Skielik voel ek dat ek haa moet mollify sodat sy wiet dat ekkie ’n threat issie.
Die tipe spontane villainisation is algemeen en ek’t ’n paa taktieke ommit te hanteer. Voorkoming is bieter as genesing, soe ek sorg dat ek baie formeel aantrek voo ek my hys velaat. As kin was hierdie mall die plek wat ek geleerit dat daa ’n anne stel reëls is vi mense wat soes ek lyk. Ek’t skool gegaan langsie see en meeste vannie kinnes in my klas was surfers. Surfers het ’n spesifieke estetika en ek wou inpas, soe ek’t begin kaalvoet loep, nes my klasmaats. My ma het by ’n klerewinkel innie mall gewêk, en eendag kô daa ’n vrou hyl-hyl daa in omme size-4 skoen te koep vi ’n aremehomeless kin wat soe mooi daa byte speel. My ma was nog soe touched byrie vrou se gesture, maa haa feelings oorie saak het gechange toe ek ’n paa miniete later met my niewe skoene inloep. Dai wassie dag wat ek geleerit dat al dra ek en my vrinne dieselle dinge, mense lees ôssie dieselle nie. My kaalvoete het toe nooit wee ná dai ’n public appearance gemaak ie.