Is wee daai tyd vannie jaa wanne Natuurwetenskap-onderwysers hul leerders instruct om plante met kapok te kweek.
Toe ek in gr. 4 was, het ôs ôsse saad in leë yoghurtbakkies byrie skool ontkiem. Die helfte vannie klas het boentjies in kapok toegedraai terwyl ie anne helfte tamatiesade gebryk et. Sodra ôsse lote begin groei et, moes ôs hulle virre paa dae hys toe niem om hulle daa te versorg. Ek het myne vesigtig bedek met grond yt ôsse tyn en ek’t seke gemaak dat ek it net genoeg wate gie. Toe ek my yoghurtbak trug klas toe bring was my juffrou, mev. Metcalfe, baie beïndruk, wan my plant het vinnage as ammel s’n gegroei. Ek het gebrêg en my oupa se gunsteling-frase herhaal, “Ek het groen vinges”. Op hierdie stadium wassit maklik ommie verskille in ôsse plante te sien. Die leerders wat boentjies geplant et, het vet ronde blare in hul potjies gehad ennie tamatiesaad kinnes s’n het soes klawers gelyk. Maa myne wassie ienagste een met skêp, lank blare. Ôs hettie bakkies oppie vensterbanke innie skoolgang geplaas soedat it lekke son kon kry. Honnede kinnes het elke dag veby it geloep.
’n Paa wieke later het mev. Metcalfe vi my laat wiet dat ekkie die taxi hystoe moet vattie wan my oupa kô skool toe. Einde vannie dag het sy vi my en my oupa na my yoghurtbakkie gelei. My plant wassie grootste en ek was soe trots dat my onderwyser my gesin genooi het ommit te kô kyk. Sy’t gesê, “Meneer ons het eerste gedink die is mint, maar dit lyk nou soos iets anders.” My oupa het sy gesig tien my plant se blare gedruk ennie rooi hare wat daaryt groei gekyk. “Blimey, ek hettie my brille annie.” Die man het nog nooit brill gedra nie. “Soes wat lyk it, juffrou?” My onderwyser was heel ongemaklik. “Wel, kyk, ek weet self nie baie van hierdie tipe goed nie, maar ons glo dit is dagga. Meneer, jou kleinseun grooi dwelms op die skool.” My oupa en mev. Metcalfe het na my gekyk virre explanation. Ek was nege jaar oud, ek’t geen idee gehad waarvan hulle praatie. Sy sê toe die skoolhoof wou die polisie gebel et, “maar ek wou eers met die familie praat om uit te vind hoe dit gebeur het”. Ek’t beginne tjank toe ek daai stukkie vannie boere hoo, ek was bang ek gan tronk toe. Ek’t gehakkel tewyl ek my boontjieplant process in detail aan hulle verdydlik et. My oupa het sy vinges geklap toe ek mention dat ekkie grond yt ôsse tyn gebryk et. “Case solved, juffrou. Is ôsse bure.” Hy hettie snot en trane met sy sakdoek van my gesig afgevie.