“Kyk vi Ramaphosa!” Daaisie vierde vreemdeling wat my vedag oppie president se naam roep. Ek’t sy latest family meeting gemis. Ek was heeltemal onbewus daavan dattie hemp wat ek dra ampe identies is aan ie berugte swart-en-wit- psigedeliese paisleyhemp wat Ramaphosa hierdie wiek op nasionale TV gedra et. My hemp het aan my oorlede oupa Boet behoot.
Hy’t hierdie gesprekstuk sy lucky shirt genoem nadat it hom oppie groot skerm gekry et.
Op hoërskool het een van my klasmaats se ma haa eie talentagentskap geopen. It was my droom omme akteur te wies, en ek het dadelik gejoin. Die eeste casting wat sy my na toe gestuu et was virre local film. Die oudisie was innie stad, soe ’n uur se ry van my hys af. My oupa het my ’n lift gegie in sy 1980 cream Merc mettie gekraakte windscreen. Ek hettie hele trip probee om my vocal warm ups te oefen, maarie vensters konnie afrol nie en ek’t bly choke op Boet se entjie roek.