My oupa was ’n ware Casanova. Ten tyde van sy dood het hy twie spesiale long-term lovers gehad.
In plaas daarvan om straight kêk toe te gaan virrie diens, het albei vroue onverwags voorie begrafnis na ôsse hys gekô om tyd saam mettie close family deur te bring.
Antie Denise, ’n gesoute kêksuster inne kêkhoed met swart lace wattie boenste deel van haa gesig bedek, stiek eeste yt. Sy gie haa condolences vi my en haal ’n lang vers ytie Bybel yt haa kop yt aan. Innie sitkame sit my oupa se 12 broers en susters, en elke een het met hul eie gesin gekô, it sal te lank vat vi personal introductions. Denise groet ammel in een go, sy sê, “Dis ek, Denise”, asof hulle moet weet sy is my oupa se goose.